Sluitstuk
  • Published:
    Sep-2023
  • Formats:
    eBook
  • Main Genre:
    General Fiction
  • Purchase:
  • Share:
Drie jaar ná die dood van een van Afrikaans se grootste skrywers kom 'n Nederlandse vrou Suid-Afrika toe om navorsing vir 'n biografie oor sy lewe te doen. Sy besoek die skrywer se voormalige vakleerling om meer oor die enigmatiese figuur vas te stel â€" bykans dertig jaar nadat die twee mans se weë pynlik geskei het.
Onder die priemende blik van die biograaf lê die vakleerling, eens 'n aspirantskrywer en nou 'n Zen-monnik, sy lewe bloot in die bestek van een nag.
Wie was die groot skrywer werklik? Waarom was die impak van sy kluisenaarsbestaan en sy werk op die jong man so enorm? Hoekom het die skrywer hom na sy eensame sterfbed laat kom? Wat is die ware rede agter die Nederlander se biografie?
Sluitstuk is 'n elegiese roman oor verlange, verlies, wraak en versoening wat die roete na stilte en die skeppingsimpuls oopskryf.
Click on any of the links above to see more books like this one.



EDITIONS
Sign in to see more editions
    • First Edition
    • Sep-2023
    • Penguin
    • eBook
    • ISBN: 0637005430
    • ISBN13: 9780637005432



View the Complete Johann Rossouw Book List