Minder as water
  • Published:
    Sep-2023
  • Formats:
    eBook
  • Main Genre:
    General Fiction
  • Purchase:
  • Share:
Wat is 'n menselewe werd as jy minder as niks op jou naam het nie?
Toe die regering besluit om 'n yslike dam in die diep, dorre Noord-Kaap te bou, is
die skrif teen die muur vir die vergete dorpie van Bitterwater. Inwoners het 'n jaar
tyd om hul dorp te ontruim en voor die groot water uit te vlug.
Konstabel Cheslin Fielies is die een wat moet seker maak die hele storie gebeur
betyds. Pas van die Cape Flats oorgeplaas, word hy gou in die dorpstories ingetrek:
Hoekom verafsku die gemeenskap die drankwinkeleienaar Braam Pens so? Wat
het Jan Boklam een nag in die dorpsdam sien gebeur? En spook dit regtig by die
vervalle ou pastorie waar die Van Helsdingens probeer oorleef?
Terwyl hy van sy eie spoke vlug en die Bitterwaters van die sondvloed probeer red,
is dit sy onverwagse vriendskap met die dominee se vrou, Miriam, wat die krake in
Cheslin se damwal blootlĂȘ. Want water is vergifnis, glo sy. Water is vergeet. Maar
sommige geheime sal nie deur die vloed weggespoel word nie.
Minder as water is 'n meesleurende tragikomedie wat jou gaan roer, jou gaan laat
lag en uiteindelik die vraag
Click on any of the links above to see more books like this one.



EDITIONS
Sign in to see more editions
    • First Edition
    • Sep-2023
    • Penguin
    • eBook
    • ISBN: 1776359895
    • ISBN13: 9781776359899



View the Complete Morne Malan Book List