Nicci de Wee hou haar lyf deesdae privaat speurder. Maar wat as sy 'n kans kry om die skurke wat Tom en Aynaz se dood veroorsaak het, aan die pen te laat ry? Wat as sy 'n internasionale sindikaat wat roof, verkrag en moor vir wins, kan vernietig?
G'n wonder sy gaan tydelik terug polisie toe nie. Natuurlik betrek sy Blackie, Henk en Stella ook, maar dis nie sonder komplikasies nie. Haar span is dieper geraak deur die verlies van hul kollegas as wat hulle self besef.
Boonop kom die skerpskutter terug wat hulle voorheen gehelp het. Maar is hulle vriend of vyand? Hoekom word die name van mense, onmiskenbaar op 'n moordlys, so meedoƫnloos afgetik deur iemand met 'n koel kop en peperduur smaak in whisky?
Vir Nicci voel dit of die roesagtige reuk van bloed haar agtervolg. En een slagoffer is wreder en meer obseen gemartel as die ander.
Die plot knoop met elke kinkel stywer vas. Roosbome in die tuine van hooggeplaastes verberg die afgryslikste geheime. Voor hul oƫ neem mensehandel skrikwekkende afmetings aan.
Hulle opdrag is: vlek 'n internasionale sindikaat oop.
Daarom moet hulle 'n lokval stel. Maar wie is aas? En wie bobaas?
Click on any of the links above to see more books like this one.